Dawid

Gavin
September 6, 2021
Stephen Cohen – Sea Point
October 11, 2023

Haai Siranne

Liewer laat as nooit, maar na 10 dae se Covit is ek darem weer op die been.  Daarom kon ek nie die instellasie van die venster meemaak nie, maar Carina was daar en sy was baie beindruk met julle diens en mense.

Baie dankie vir julle hulp en geduld met ons en die Trustees, dit word opreg waardeer.  Dankie vir al die oproepe en boodskappe wat jy moes hanteer en vir Deon se moeite en besoeke en raad.  Ook ons spesiale dank aan Ciya en sy span wat baie proffesioneel hul werk gedoen en afgehandel het.  Carina praat net met lof van hulle en ons sal julle oral aanbeveel.

Ek is al so nuskierig om die venster te sien, maar Stehan en Carina se dit lyk 100% en skuif maklik.  Een van die Trustees was daar en se hy sal julle in die toekoms aanbeveel.

Hoop julle geniet die laaste somerweer in die Kaap, hier op De Doorns is dit nog lekker warm, maar die nagte is koud.  Nogmaals baie dankie en ek is bly ons paaie het gekruis.

Seenwense en bly gesond!

Groete

Dawid

× How can I help you?